Kostenscout.de
Produkt
  Sortierung:
  Optional: Preisspanne von bis Euro

Die Dood het Vlerke

Die Dood het Vlerke

4. DIE DOOD HET VLERKE - SWERWER SPEURDER REEKS Die landing van die internasionale rolprentster, Manine Minette in Johannesburg, is ‘n media skouspel. Sy is die ster van die multimiljoen randproduksie, Vrou van die Eeue, en haar aankoms is veronderstel om ‘n triomf te wees. Maar agter haar glansryke glimlag skuil ‘n doodse vrees. Mislukte ontvoerings pogings in Londen het haar tot in Suid-Afrika agtervolg, en sy is oortuig daarvan dat die genadelose figure wat haar jag, hul net daagliks nouer trek om haar leed aan te doen. Ondanks ‘n oormag polisiemanne en privaat sekuriteit, gebeur die ondenkbare. Tydens ‘n swaar bewaakte onthaal in haar luukse hotel suite, verdwyn Manine spoorloos. Die enigste leidraad is ‘n stel aanmekaar geknoopte lakens wat by haar venster op die derde verdieping uithang. Dit is ‘n waaghalsige ontsnapping wat te eenvoudig, te opvallend en te perfek lyk. Terwyl die polisie ‘n landwye soektog loods, betree die enigmatiese privaatspeurder, Obed de Swardt, die toneel. Bekend as die "swerwer-speurder", besef hy gou dat die oënskynlike ontvoering slegs oëverblindery is vir ‘n veel dieper en meer sinistere komplot. Sy ondersoek plaas hom egter direk in die visier van die skuldiges, en in ‘n briljante set word hy self die hoof verdagte. Nou is hy ‘n voortvlugtige, gejag deur sersant Eksteen en die polisie, asook die sindikaat wat hom die sondebok gemaak het. In ‘n dodelike stryd teen tyd moet Obed die waarheid ontbloot. Is die motief ‘n eenvoudige losprys, of is dit korporatiewe sabotasie deur ‘n mededingende rolprent maatskappy? Of is Manine se lot iets veel ergers, ‘n transaksie waar haar lewe die prys is? Met verraad wat om elke hoek skuil en niemand wat hy ten volle kan vertrou nie, moet Obed die bobaas brein agter die komplot probeer ontmasker. Maar met elke tree nader aan die waarheid, word die gevaar groter en die kanse op sy en Manine se oorlewing al hoe skraler. #SwerwerSpeurderReeks


Angebote zum Artikel

5,94 €*
5,94 € inkl. Versand*
Die Dood het Vlerke
Anbieter: Thalia DE




Die bei uns gelisteten Preise basieren auf Angaben der gelisteten Händler zum Zeitpunkt unserer Datenabfrage. Diese erfolgt einmal täglich. Von diesem Zeitpunkt bis jetzt können sich die Preise bei den einzelnen Händlern jedoch geändert haben. Bitte prüfen sie auf der Zielseite die endgültigen Preise. Die Sortierung auf unserer Seite erfolgt nach dem besten Preis oder nach bester Relevanz für Suchbegriffe (je nach Auswahl).
Für manche Artikel bekommen wir beim Kauf über die verlinkte Seite eine Provision gezahlt. Ob es eine Provision gibt und wie hoch diese ausfällt, hat keinen Einfluß auf die Suchergebnisse oder deren Sortierung. Unser Preisvergleich listet nicht alle Onlineshops. Möglicherweise gibt es auf anderen bei uns nicht gelisteten Shops günstigere Preise oder eine andere Auswahl an Angeboten.
Versandkosten sind in den angezeigten Preisen und der Sortierung nicht inkludiert.


Livesuche | Gutscheine | Datenschutz | Impressum

* - Angaben ohne Gewähr. Preise und Versandkosten können sich zwischenzeitlich geändert haben.
Bitte prüfen sie vor dem Kauf auf der jeweiligen Seite, ob die Preise sowie Versandkosten noch aktuell sind.